myPlek

  • COVID-19

Welkom by ACVV Huis Soeterus!

VISIE: Omvattende versorgingsdienste van hoogstaande gehalte vir Ouer Persone

MISSIE: Om bekostigbare versorgings-dienste en behuising, gerugsteun deur die doeltreffende bestuur van hulpbronne, ontwikkelingsgerigte welsyn- en ondersteuningsdienste asook die betrokkenheid van die inwoners, verwante en die gemeenskap, te verskaf ter bevordering van die algemene welsyn van die inwoners.

“Saam in diens van ons gemeenskap.”


ACVV Huis Soeterus is op 13 Januarie 1951 amptelik geopen deur Sir De Villiers Graaf, LV vir Hottentots Holland. Soeterus is die oudste Tehuis in die Strand, slegs ‘n paar minute se stap van die see, ‘n plek waar Ouer persone met lewenskwaliteit kan leef. Ons bied persoonsgerigte sorg in ‘n huis omgewing waar die lewe draai om verhoudings.

Heerlike voedsame maaltye word 3 maal per dag bedien en ons pragtige tuin bied sonhoekies en gebruikersvriendelike loop areas waar inwoners veilig kan sit en stap. Soeterus se filosofie is om werklik ‘n HUIS te wees waar inwoners keuses het, kan ontspan, privaatheid kan geniet en ‘n vol lewe kan leef.

Covid-19: Tans word geen besoekers nog toegelaat nie.


ACVV HUIS SOETERUS HET 70 GEWORD!

Alhoewel die tehuis eers op 13 Januarie 1951 amptelik geopen is, is die eerste inwoner reeds op 1 November 1950 opgeneem.

Om die tehuis se 70ste verjaarsdag te vier, word daar beplan om die hele gebou se vloere te vervang. Dit is ‘n baie duur projek, maar ons beplan om dit stelselmatig aan te pak, met die hulp van donateurs.

‘n Minimum donasie van slegs R70 kan bydra tot die uiteindelike mikpunt van R500 000!! Soos daar voldoende fondse ingesamel word, sal die tehuis se gangvloere elkeen ‘n nuwe baadjie kry. Kontant of EFT betalings is welkom. Kwitansie 18A’s is beskikbaar op aanvraag (vir belasting doeleindes).

Bankbesonderhede:
ACVV Huis Soeterus
Nedbank, Winelands
Tjek rekening
Rek no: 1498013465
Takkode: 149821
Verwysing: 70jaar donasie

Daar word tans gewerk aan ‘n projek om elke gang ‘n naam, tema en kleurkode te gee. Dit verseker dat elke inwoner hul eie individuele adres gaan hê. Hierdie projek is begin deur Sr Christa Collins wat ‘n kompetisie onder die versorgingspersoneel geloots het, om vir elke gang ‘n naam te gee wat meer beteken as ‘langgang’ en ‘kortgang’. Stafverpleegster, Rosalind Pearson, en versorger, Linda Dreyer, het onderskeidelik die temas gewen vir die grondvloer en versorgingsgange. Dit is verwerk deur die Hoof, Mev Hannelie Koekemoer, om vir elke inwoner, van die woonstelle tot die anneks ‘n nuwe adres te verseker wat almal se gemoed positief beïnvloed en aanleiding gee tot nuwe, interresante gesprekke. Taryn Flee van Wansy Savvy hanteer die kunswerk vir die projek.

Volg die vordering op ons Facebook-blad ACVV Huis Soeterus Strand


ETES

Alle etes word in die eetsaal bedien. Indien u vir ‘n maaltyd nie by die Tehuis gaan wees nie, moet u asb voor 9h00 op die spesifieke dag in die uittekenboek aanteken, en vir ‘n naweek op die Vrydag voor 11h00. Die boek is beskikbaar in die voorportaal van die Tehuis. Die dag se spyskaart word vertoon voor u die eetkamer instap. Indien u familie saam met u ‘n ete wil geniet, kan u dit bespreek by Ontvangs of direk by die kombuisbestuurder. Weeksdae moet besprekings gemaak word voor 9h00 soggens en vir ‘n naweek op die voorafgaande Donderdag voor 15h00 die middag. Gaste etes: Weeksdae: R40 Sondae: R50 Wegneem & Gevriesde etes beskikbaar op aanvraag


SKOONMAAKDIENSTE

Skoonmaakpersoneel maak daagliks die kamers se drommetjies leeg en weekliks word elke kamer skoongemaak. Spesifieke skoonmaakdae sal aan u gekommunikeer word met opname.


WASHUISDIENSTE

Alle items wat na die waskamer gestuur word, moet duidelik gemerk wees, in ‘n wasgoedsak wees en in die wasgoedboekie opgeskryf wees. Dae wat u wasgoed gewas sal word, sal aan u gekommunikeer word met opname.


KLAGTE PROSEDURE

U kan u klagte eerstens met die hoof, van die afdeling waar u probleme ondervind, bespreek. Indien u nie tevrede is met die uitkoms nie, kan u ‘n afspraak maak by die Ontvangsdame om die Hoof te sien. Alternatiewelik kan ‘n skrywe ingedien word by ontvangs, gerig aan die Hoof of per epos gestuur word na hoof.soeterus@gmail.com.


DIENSTE AAN DIE GEMEENSKAP

Aansit en wegneemetes
Tydelike versorging (dagtarief R350)

MAANDELIKSE TARIEWE

Grondvloer: R7980 – R8220
Anneks: R8102 – R8393
3-Bed sorgafd: R9000
Enkel kamer sorgafd: R9360
Woonstelle: R9530 – R14 690

’n Intreefooi (nie-terugbetaalbare bedrag) van R5000.00 is voor opname betaalbaar.

DIENSTE AAN DIE INWONERS

3 Gebalanseerde maaltye per dag
2 Teetye per dag
Washuisdienste
Skoonmaakdienste
24-uur versorgingsdienste


AKTIWITEITE & FASILITEITE

Maandae:
Bybelstudie, Snoepie
Dinsdae:
Bingo, Biblioteek, Sakgeld onttrekking
Woensdae:
Biduur, Snoepie
Donderdae:
Vars Vrugte verkope, Sakgeld onttrekking
Vrydae:
Oefeninge, Snoepie

 

Copyright © 2023 · eleven40 Pro Theme on Genesis Framework · WordPress · Log in