Opsoek na gehalte verblyf vir u bejaarde familielid?
SAVF Margaretha Ackerman Tehuis bied ‘n 24 uur- verpleegsorg sorg aan verswakte -, demensie en Alzheimer bejaardes. Die Tehuis bied ook akkomodasie aan selfversorgde bejaardes.
Die Tehuis beskik oor enkelkamers, dubbelkamers, asook verlyf in sale vir 176 inwoners.
Ons billike tariewe sluit in:
- Verblyf – volle losies
- 24 uur mediese verpleegsorg
- 3 etes per dag met tee/koffie
- Washuis dienste
- Skoonmaakdienste
- Terapeutiese dienste van ‘n Maatskaplike Werker en Arbeidsterapeut
Daar word nie net omgesien na die fisiese versorging van die bejaardes nie, maar ‘n hoë premie word geplaas op die emosionele & geestelike versorging van die inwoners.
Aktiewe verouderingsprogramme sluit in:
- Bybelstudie en Eredienste
- Aerobiese oefeninge en stap
- Kooroefeninge
- Biblioteekdienste
- Weeklikse besoek van Haarkapper
- Sosiale aktiwiteite
- Handvaardigheidsklasse
- Filmvertonings elke week
- Breiklub
- Snoepie
- Vervoer na die winkelsentrum
- Weeklikse besoek van distrikgeneesheer
- Bordspeletjies en kegelbal aangebied deur die Arbeidsterapeut
Fotogalery
(Klik op fotos om groter te besigtig)