myPlek

  • COVID-19

Welkom by ACVV Huis Soeterus!

VISIE: Omvattende versorgingsdienste van hoogstaande gehalte vir Ouer Persone

MISSIE: Om bekostigbare versorgings-dienste en behuising, gerugsteun deur die doeltreffende bestuur van hulpbronne, ontwikkelingsgerigte welsyn- en ondersteuningsdienste asook die betrokkenheid van die inwoners, verwante en die gemeenskap, te verskaf ter bevordering van die algemene welsyn van die inwoners.

“Saam in diens van ons gemeenskap.”


ACVV Huis Soeterus is op 13 Januarie 1951 amptelik geopen deur Sir De Villiers Graaf, LV vir Hottentots Holland. Soeterus is die oudste Tehuis in die Strand, slegs ‘n paar minute se stap van die see, ‘n plek waar Ouer persone met lewenskwaliteit kan leef. Ons bied persoonsgerigte sorg in ‘n huis omgewing waar die lewe draai om verhoudings.

Heerlike voedsame maaltye word 3 maal per dag bedien en ons pragtige tuin bied sonhoekies en gebruikersvriendelike loop areas waar inwoners veilig kan sit en stap. Soeterus se filosofie is om werklik ‘n HUIS te wees waar inwoners keuses het, kan ontspan, privaatheid kan geniet en ‘n vol lewe kan leef.

Covid-19: Tans word geen besoekers nog toegelaat nie.


ACVV HUIS SOETERUS HET 70 GEWORD!

Alhoewel die tehuis eers op 13 Januarie 1951 amptelik geopen is, is die eerste inwoner reeds op 1 November 1950 opgeneem.

Om die tehuis se 70ste verjaarsdag te vier, word daar beplan om die hele gebou se vloere te vervang. Dit is ‘n baie duur projek, maar ons beplan om dit stelselmatig aan te pak, met die hulp van donateurs.

‘n Minimum donasie van slegs R70 kan bydra tot die uiteindelike mikpunt van R500 000!! Soos daar voldoende fondse ingesamel word, sal die tehuis se gangvloere elkeen ‘n nuwe baadjie kry. Kontant of EFT betalings is welkom. Kwitansie 18A’s is beskikbaar op aanvraag (vir belasting doeleindes).

Bankbesonderhede:
ACVV Huis Soeterus
Nedbank, Winelands
Tjek rekening
Rek no: 1498013465
Takkode: 149821
Verwysing: 70jaar donasie

Daar word tans gewerk aan ‘n projek om elke gang ‘n naam, tema en kleurkode te gee. Dit verseker dat elke inwoner hul eie individuele adres gaan hê. Hierdie projek is begin deur Sr Christa Collins wat ‘n kompetisie onder die versorgingspersoneel geloots het, om vir elke gang ‘n naam te gee wat meer beteken as ‘langgang’ en ‘kortgang’. Stafverpleegster, Rosalind Pearson, en versorger, Linda Dreyer, het onderskeidelik die temas gewen vir die grondvloer en versorgingsgange. Dit is verwerk deur die Hoof, Mev Hannelie Koekemoer, om vir elke inwoner, van die woonstelle tot die anneks ‘n nuwe adres te verseker wat almal se gemoed positief beïnvloed en aanleiding gee tot nuwe, interresante gesprekke. Taryn Flee van Wansy Savvy hanteer die kunswerk vir die projek.

Volg die vordering op ons Facebook-blad ACVV Huis Soeterus Strand


ETES

Alle etes word in die eetsaal bedien. Indien u vir ‘n maaltyd nie by die Tehuis gaan wees nie, moet u asb voor 9h00 op die spesifieke dag in die uittekenboek aanteken, en vir ‘n naweek op die Vrydag voor 11h00. Die boek is beskikbaar in die voorportaal van die Tehuis. Die dag se spyskaart word vertoon voor u die eetkamer instap. Indien u familie saam met u ‘n ete wil geniet, kan u dit bespreek by Ontvangs of direk by die kombuisbestuurder. Weeksdae moet besprekings gemaak word voor 9h00 soggens en vir ‘n naweek op die voorafgaande Donderdag voor 15h00 die middag. Gaste etes: Weeksdae: R40 Sondae: R50 Wegneem & Gevriesde etes beskikbaar op aanvraag


SKOONMAAKDIENSTE

Skoonmaakpersoneel maak daagliks die kamers se drommetjies leeg en weekliks word elke kamer skoongemaak. Spesifieke skoonmaakdae sal aan u gekommunikeer word met opname.


WASHUISDIENSTE

Alle items wat na die waskamer gestuur word, moet duidelik gemerk wees, in ‘n wasgoedsak wees en in die wasgoedboekie opgeskryf wees. Dae wat u wasgoed gewas sal word, sal aan u gekommunikeer word met opname.


KLAGTE PROSEDURE

U kan u klagte eerstens met die hoof, van die afdeling waar u probleme ondervind, bespreek. Indien u nie tevrede is met die uitkoms nie, kan u ‘n afspraak maak by die Ontvangsdame om die Hoof te sien. Alternatiewelik kan ‘n skrywe ingedien word by ontvangs, gerig aan die Hoof of per epos gestuur word na hoof.soeterus@gmail.com.


DIENSTE AAN DIE GEMEENSKAP

Aansit en wegneemetes
Tydelike versorging (dagtarief R350)

MAANDELIKSE TARIEWE

Grondvloer: R7980 – R8220
Anneks: R8102 – R8393
3-Bed sorgafd: R9000
Enkel kamer sorgafd: R9360
Woonstelle: R9530 – R14 690

’n Intreefooi (nie-terugbetaalbare bedrag) van R5000.00 is voor opname betaalbaar.

DIENSTE AAN DIE INWONERS

3 Gebalanseerde maaltye per dag
2 Teetye per dag
Washuisdienste
Skoonmaakdienste
24-uur versorgingsdienste


AKTIWITEITE & FASILITEITE

Maandae:
Bybelstudie, Snoepie
Dinsdae:
Bingo, Biblioteek, Sakgeld onttrekking
Woensdae:
Biduur, Snoepie
Donderdae:
Vars Vrugte verkope, Sakgeld onttrekking
Vrydae:
Oefeninge, Snoepie

 

Welkom by Huis Martina


Administratiewe dienste

Voornemende applikante is welkom om Mev Martie van Wyngaardt te kontak vir enige navrae en/of inligting rakende Huis Martina. Aansoekvorms is ook verkrygbaar by ontvangs teen R20 per stel.

Enige finansiële navrae kan gerig word aan Mev Ciska Smit, die Finansiële Beampte.

 


Versorging

Die tehuis se fasiliteit kan tans 155 inwoners versorg. Daar is enkelkamers vir onafhanklike persone, ‘n versorgingsafdeling vir mense wat 24/7 versorging nodig het sowel as ‘n aparte Alzheimers/Dementia afdeling. Die bestuur van die Versorgingsafdeling word behartig deur 2 Geregistreerde Verpleegkundiges. Onder hulle is daar 2 Stafverpleegsters, 4 Verpleegassistente en 36 Versorgers.

Alle inwoners word ondersteun in persoonlike higiëne, mobiliteit en daaglikse aktiwiteite.

 


Huishoudelik

Die huishoudelike funksies van die tehuis soos bv die Kombuis, Wasser en Skoonmaakdienste is uitgekontrakteer na FEEDEM. Inwoners word voorsien van 3 maaltye per dag, asook 2 geleenthede vir tee/koffie gedurende die dag. (Laai Spyskaart af: regs-klik en Save)

Onafhanklike inwoners se wasgoed word 1 keer per week gedoen en die Versorgingsafdeling se wasgoed word elke dag gedoen.

 


Terreinbestuur

Die Tehuis beskik tans oor 2 Nutsman/Drywers wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die gronde en algemene instandhoudingswerk van die Tehuis. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur van die bussie om inwoners elke tweede week winkel toe te neem vir inkopies, asook pasiënte Kliniek/hospitaal toe te neem. Pasiënte moet in staat wees om sonder hulp in en uit die bussie te klim. Beide Drywers beskik oor n geldige PDP rybewys.

 


Aktiwiteite

Daar is verskeie aktiwiteite beskikbaar by die Tehuis en inwoners word aangemoedig om aan soveel moontlik deel te neem.

  • ‘n Tema ete elke maand van die jaar
  • Lente ontbyt
  • High Tea
  • Mandela dag vieringe ens
  • Inkleurkompetisies
  • Mnr/Mev Valentyn
  • Daar word verskeie braai dae gehou deur die Beheerraad en ander Vrywilligers
  • Ageless Grace Oefenklasse elke tweede Vrydag
  • Biblioteekdienste elke tweede Donderdag
  • Speletjies/Legkaarte/Breigroepie/Tuinbouklub
  • Bybelstudie Woensdag oggende
  • Biduur Woensdag aande
  • Sondag regstreekse kerkdiensuitsending na Kapel
  • Jaarlikse basaar

 


Foto Gallery

(Klik op foto’s om te besigtig)

Valentynsdag 2017 – Mnr. en Mev. Valentyn

Mev. February se 100ste verjaarsdag

Mandela Dag 2017 Thyme Spa

Mandela dag 2018 Panaroma Palms

Inkleuraktiwiteit 2017 – Alzheimer/Dementia Afdeling

Kersfees 2017

Beheerraadslede Worsbraai vir inwoners

Philidelphia Daycare kom sing kersliedere

Tuinbouklub

Finansiële Beampte word ‘n seuntjie ryker – Baie geluk Ciska

 

 


Kontak ons

Algemene Navrae:

Kontak Martie van Wyngaardt by tel no 021 931 1235 of epos ans-martina@mweb.co.za

Vrywilligers/Donateurs:

Indien u belangstel om as vrywilliger betrokke te raak kontak Martie van Wyngaardt by 021 931 1235 of epos ans-martina@mweb.co.za

Welkom by SAVF Margaretha Ackerman Tehuis


Opsoek na gehalte verblyf vir u bejaarde familielid?

SAVF Margaretha Ackerman Tehuis bied ‘n 24 uur- verpleegsorg sorg aan verswakte -, demensie en Alzheimer bejaardes. Die Tehuis bied ook akkomodasie aan selfversorgde bejaardes.

Die Tehuis beskik oor enkelkamers, dubbelkamers, asook verlyf in sale vir 176 inwoners.

Ons billike tariewe sluit in:

  • Verblyf – volle losies
  • 24 uur mediese verpleegsorg
  • 3 etes per dag met tee/koffie
  • Washuis dienste
  • Skoonmaakdienste
  • Terapeutiese dienste van ‘n Maatskaplike Werker en Arbeidsterapeut

Daar word nie net omgesien na die fisiese versorging van die bejaardes nie, maar ‘n hoë premie word geplaas op die emosionele & geestelike versorging van die inwoners.

Aktiewe verouderingsprogramme sluit in:

  • Bybelstudie en Eredienste
  • Aerobiese oefeninge en stap
  • Kooroefeninge
  • Biblioteekdienste
  • Weeklikse besoek van Haarkapper
  • Sosiale aktiwiteite
  • Handvaardigheidsklasse
  • Filmvertonings elke week
  • Breiklub
  • Snoepie
  • Vervoer na die winkelsentrum
  • Weeklikse besoek van distrikgeneesheer
  • Bordspeletjies en kegelbal aangebied deur die Arbeidsterapeut

 


Fotogalery

(Klik op fotos om groter te besigtig)

Welkom by Huis Marie Louw


ONS FASILITEITE / OUR FACILITIES

Huis Marie Louw bestaan uit 3 afdelings:

  1.  Boonste vloer: Inwoners moet redelik kan stap en onthou.
  2.  Onder gang is meer verswakte inwoners.
  3.  Verswakte Afdeling met 23 beddens. Daar is 5 enkelkamers die ande is 2
    bed of 3 bedkamers.

Altesame is ons 67 inwoners.

Volle versorging word aangebied. Baie aktiwiteite word ook aangebied.

Afsprake moet met die bestuurder gemaak word. Naweke is daar minder
personeel dus word geen inwoners opgeneem nie.

N Klein aftree-oord is deel van ons opset met 23 eenhede. Die eenhede moet
gekoop word. Daar is ook ‘n waglys betrokke aangesien die eenhede baie gewild
is.

Bo: ‘n Eenheid van die aftree-oord Ruimtepark wat op ons erf gebou is.

 


Moedersdag 2018

Ons inwoners het die bederf gedoen. Tereo Skool van Somerset Wes is genooi. 40 kinders was hier en ons het hulle bederf! Die breiklub het besluit om vir elkeen n Beertjie te gee.

 


FOTOGALLERY

Projekgroepie wat Hazel aangebied het
Breiklub het 110 mussies gebrei vir die gemeenskapsprojek

 


KONTAK HUIS MARIE LOUW

Johanna Meyer (Bestuurder)
jmhml@telkomsa.net

Welkom – Welcome! Huis Uitvlucht, Montagu


Nuwe Uitsig by Huis Uitvlucht

‘n Muur in die vierkant is onlangs kunstig geverf. Dit is nou die prag-uitsig vanaf 8 kamers!

 

Inwoners onlangs op uitstappie na Struisbaai


Pannekoek op 19 Julie 2021


Jaarverslag

Jaarverslag 2019-2020

 


COVID-19

Die tehuis is al vanaf 19 Maart 2020 in isolasie, om die inwoners te beskerm teen die virus.

Vanaf 23 Junie 2020 het die personeel vrywillig in kwaratyn gegaan vir 14 tot 21 dae, omdat die virus in Montagu omgewing toegeneem het. Ons sal in isolasie bly totdat die inwoners besoeke mag ontvang, wat dan volgens streng riglyne sal plaasvind.

Die personeel doen hul bes om die inwoners se moraal hoog te hou en kommunikeer amper weekliks met die inwoners se families.

Dink asseblief in u gebede aan die tehuis, want die inwoners verlang na hul kinders en verder is die COVID-19 voorkoming ‘n groot finansiële impak en fondsinsameling kan nie soos gewoonlik geskied nie.

Dankie vir al die donasies wat ons so ruim ontvang.

Inwoners in verswakte afdeling geniet middagete, met baie ventilasie, buite in sonnetjie en kry sommer vitamien D ook (klik foto om te vergroot):

  

 

Nog foto’s (klik foto om te vergroot):

Inwoners pakkies word ontvang en gereinig voor die uitgedeel word, tydens inperking. Ons is vanaf 19 Maart 2020 in “lockdown”
Inwoner help naartjies uitdeel
Huis Uitvlucht isolasie eenheid waar inwoners vir twee weke bly. Dit geskied wanneer hul vanaf hospitaal terugkom of nuwe intrekkers.
Inwoner in kamer, tydens kwarantyn
Personeel-akkomodasie tydens kwarantyn.

Huis Uitvlucht is ‘n program vir ouer persone van Badisa, ‘n nie-winsgewende organisasie, in die pragtige dorp Montagu, die begin van die Klein Karoo.

Die tehuis is ‘n tuiste vir 81 verswakte bejaardes en dan het ons 18 woonstelle vir gesonde bejaardes.

Ons beskik ook oor ‘n respite sorg kamer waar bejaardes kan aansterk na ‘n operasie of siekbed en weer terug geplaas word na hul familie.

Huis Uitvlucht is a programme for the elderly by Badisa, a non-profit organisation. It is situated in the beautiful town of Montagu, the start of the Klein Karoo.

Huis Uitvlucht is home to 81 elderly persons needing care, as well as healthy elderly persons housed in 18 flats.

We also have a respite care room where the elderly can recuperate after an operation or illness, before being placed back in the care of their relatives.

 


Inwoners by die voordeur / Inhabitants at the front entrance

 


Fasiliteite / Facilities

Nuwe leefreg eenheid:

 

Ons Kamers / Our Rooms:

 

Ons “Bachelor’s” Woonstelle / Our Bachelor’s Flats:

 


Verswakte Afdeling / Care Facility

Oefening en speletjies in die verswakte afdeling elke Donderdagmiddag / Exercises and games in the care facility every Thursday afternoon

 


KONTAK HUIS UITVLUCHT / CONTACT HUIS UITVLUCHT

bestuurder@uitvlucht.org

Copyright © 2023 · eleven40 Pro Theme on Genesis Framework · WordPress · Log in